previous | next
 
 
 

8.

jy
die juiste jy
die ja-jy
die gras ruis nog van jou enkels nou net
elke keer as ek opkyk
pasrugkerende
wegstappende
geliefde
astraal gefluit   nagtelik geskort
kom!
laat ‘n woord dwarsdeur jou kom
laat meer as ek kom
meer as die ondermynende myne
die meinedige myne
die eindeloos ekkerende myne
laat ons
onvergloei naak
onberoerd
wat ons nooit
alleen kon wees nie word
8.

you
the true you
the yes-you
the grass still rustles from your ankles just
now each time I look up
turning away
departing
beloved
astral birdsong wrapped in night
come!
let a word come right through you
let more come than I
more than the undermining mine
the perjuring mine
the endlessly l-ing mine
let us become
unglowing nakedly
unmoved
that which we never
could have become alone