3.
sterre tongblind en sterwend in gravitasie
jy kom
hartbevlek en opwaarts
kom jy
jou asem van kristal
en die mondnabye geluid van voëls
sterre tongblind
sterre sterwend
sterre adembenemend as digsbysyndste galaktiese sig
onverworwe moet ek word
losgeknip
en sterstapelend van gewrig